SKATKISBOEKE • Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet • Memories of vintage books is a treasure to enjoy

MAAGD VAN DIE SEE REEKS - VANITY BOEKE

Simon Verbeeck, die groot seeman met sy lang, swart hare en sierlike, swart baard, het oorlog verklaar teen alle seerowers. Hulle het hom nie alleen beroof van die Kompanjie skip waarvan hy kaptein was nie, maar ook sy beeldskone jong vrou weggevoer. Op 'n baie eienaardige en verassende manier kry hy 'n skip in die hande en dan begin sy plan in alle erns om te gaan soek na sy vrou, wat so wreed en onverwags van hom ontneem is. Daarna begin hy in alle erns seerowers opspoor.

In sy wedervaringe op see kry Simon Verbeeck en sy manne met verassings, verraad, skurkagtigheid en inhaligheid te doen, maar ook met dapperheid en lojaliteit. Al die verhale in die reeks is vol kanongebulder, swaardgekletter en van seemanskap op sy beste, tydens die seerowers era. Die stories wat geskryf is deur een van SA se top oorlede skrywers is so na die smaak van almal wat nog jonk van hart is en sal beslis nie teleurstel nie.

⭐ 8 Voorblaaie Gelys 📖 Storieboeke Reekse
🔍

VOORBLAAIE VERSAMELING

8 Items
#1 Die Maagd van die see

Die Maagd van die see

Meiring Fouches 1980'
#2 Skat onder die palms

Skat onder die palms

Meiring Fouches 1980'
#3 Die tier van Siam

Die tier van Siam

Meiring Fouches 1980'
#4 Robyn uit die paradys

Robyn uit die paradys

Meiring Fouches 1980'
#5 Die mal seerower

Die mal seerower

Meiring Fouches 1980'
#6 Boodskap uit die blou

Boodskap uit die blou

Meiring Fouches 1980'
#7 Seerowers vel die vonnis

Seerowers vel die vonnis

Meiring Fouches 1980'
#8 Die pêrel van Malsia

Die pêrel van Malsia

Meiring Fouches 1980'